Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dart, Professor Raymond Arthur
Dart, Professor Raymond Arthur [boodskap #121561] So, 02 Desember 2018 07:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Raymond Arthur Dart was 'n Suid-Afrikaanse antropoloog. Op 4 Februarie 1893 in Brisbane, Australië, gebore. Studeer in die medisyne aan die Universiteite van Queensland en Sydney en veg in die Eerste Wêreldoorlog. Nadat hy lektor was aan die Universiteit van Londen en navorsing gedoen het onder die Rockefeller-stigting van 1921-22, word hy in 1923 professor in Anatomie aan die Universiteit Witwatersrand en in 1925 Dekaan van die Fakulteit Geneeskunde. Hoewel hy hoofsaaklik bekendheid verwerf het vir sy herkenning van die rewolusionêre belangrikheid van die Taungs-skedel, is hy wêreldwyd vereer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Darnall
Volgende onderwerp: Dartnell, Generaal-major, Sir John George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:35:20 MGT 2024