Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dale, Sir Langham
Dale, Sir Langham [boodskap #121550] Sa, 01 Desember 2018 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Langham Dale was die Superintendent-generaal van Onderwys van die Kaapkolonie. Op 22 Mei 1826 op Kingsclere, Hampshire, Engeland, gebore. Gradueer aan Oxford in 1848 en kry deur bemiddeling van sir John Herschel 'n professoraat aan die South African College. Na die herorganisasie daarvan word hy in 1858 Superintendent-generaal van Onderwys. Hy speel 'n groot rol in die ontwikkeling van die Openbare Eksamenraad in die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Hy word bekende skrywer en het die skoolstelsel in die Kolonie aansienlik verbeter. Oorlede in Januarie 1898.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dale College
Volgende onderwerp: Daleside
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:16:32 MGT 2024