Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cuyler, Generaal Jacob Glen
Cuyler, Generaal Jacob Glen [boodskap #121541] Sa, 01 Desember 2018 17:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Jacob Glen Cuyler was 'n soldaat en vroeë Britse amptenaar aan die Kaap. Gebore in 1775 in Albany, New York. Sy vader was burgemeester van daardie stad. Hy sluit by die Britse leër aan en verlaat die land aangesien sy familie in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog hulle by die Engelse geskaar het. Tydens die Britse besetting in 1806 kom hy na die Kaap as 'n majoor en vestig hom aan die Oosgrens. Hy word landdros van nuut-gestigte distrik Uitenhage. Beklee 'n amp tydens die Slagtersnek-opstand en hou toesig oor die aankoms van die 1820-Setlaars en hulle kolonisasie van die grensstreek, Albany, vernoem na sy geboortedorp. Cuyler word later tot generaal bevorder en woon op Cuyler Manor naby Uitenhage. Oorlede op 14 April 1854.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Curriebeker
Volgende onderwerp: Cyprian Bhekuzulu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:01:24 MGT 2024