Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Currie, Sir Donald
Currie, Sir Donald [boodskap #121539] Sa, 01 Desember 2018 17:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Donald Currie was 'n skeepseienaar. Gebore op 17 September 1825 in Greenock, Skotland. Ontvang opleiding in Belfast en begin in 1842 by 'n Liverpoolse skeepsmaatskappy werk. Kom in aanraking met die Cunard-redery en was sy agent van 1849 tot 1862. Begin met eie besigheid deur sy eerste skepe na die Ooste te stuur; in 1872 skakel hy oor na die Kaap en stig die beroemde Castle-redery. Hy ding mee met die ouer Union-redery en gou oorheers hy die handel na Suid-Afrika. Hy word ryk, sit hand by in die skikking van politieke geskilpunte in die Diamantveld en word in 1880 verkies tot die Volksraad. In 1900 amalgameer die twee mededingende maatskappye tot die Union-Castle-redery. Hy word hoofsaaklik deur die publiek onthou as skenker van die gevierde sporttrofee, die Curriebeker. Oorlede op 13 April 1909.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Curlewis, John Stephen
Volgende onderwerp: Curriebeker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:46:35 MGT 2024