Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Curlewis, John Stephen
Curlewis, John Stephen [boodskap #121538] Sa, 01 Desember 2018 16:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Stephen Curlewis was 'n Hoofregter. Gebore op 31 Maart 1863 in die Paarl. Hy ontvang opleiding aan die Diocesan College, Kaapstad. Gee onderwys op Cradock, en word staatsamptenaar in 1883. In 1887 word hy advokaat, praktiseer in Pretoria en word in 1899 bevorder tot waarnemende regter van die Transvaalse Hoërhof. Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog hervat hy sy praktyk in 1902 en word in 1903 aangestel op die Transvaalse regbank. Hy word Regter-president in 1924 en Hoofregter van die Appèlafdeling van 1936 tot 1938. Oorlede in Pretoria op 24 Augustus 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Curlewis, Ivan
Volgende onderwerp: Currie, Sir Donald
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:04:50 MGT 2024