Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Curle, J.H.
Curle, J.H. [boodskap #121536] Sa, 01 Desember 2018 16:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
J.H. Curle was 'n skrywer, myningenieur en posseëlversamelaar. Gebore in 1870. Hy kom na die Witwatersrand in die jare 1890 en kort voor die Tweede Vryheidsoorlog lei hy 'n ondersoek wat hom na elke goudmyn in die vyf kontinente, insluitend Suid-Afrika, neem. Reis byna voortdurend vir 'n halwe eeu. Stel belang in posseëlversameling en bou die enigste versameling van vroeë Transvaalse posseëls op. Hy laat dit na aan die Africana-Museum in Johannesburg. Oorlede in 1943.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cullinan-diamant
Volgende onderwerp: Curlewis, Ivan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:16:50 MGT 2024