Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cullinan-diamant
Cullinan-diamant [boodskap #121535] Sa, 01 Desember 2018 16:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Cullinan-diamant is die grootste diamant wat ooit gevind is. Die diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn, naby Pretoria ontdek deur Fred Wells, 'n beampte van die maatskappy. Gewig: 3,025 karaat (ongeveer een en 'n derde pond) en omtrent 13 cm (5 duim) in deursnee. Vernoem na sir Thomas Cullinan, voorsitter van die Premier (Tvl) Diamond Mining Co. Ltd.

Dit is deur die Transvaalse regering gekoop vir die spotprys van £150,000 en geskenk aan koning Edward VII op sy verjaarsdag, op 9 November 1907. I.J. Ascher en Kie van Amsterdam het amper twee jaar geneem om dit in kleiner stene op te sny. Die grootste is 'n druppelvormig geslypte diamant van 530 karaat, geset in die koninklike septer en die tweede grootste 'n vierkantige geslypte diamant van 317,4 karaat geset in die koninklike kroon. Dit was bewaar in die Tower of London. Die res van die 105 stene is ook onder die koninklike ampsierade en die totale geslypte gewig is 1,0362 karaat.

Voor die Cullinan-diamant gevind is, was die Excelsior-diamant (wat in Jagersfontein gevind is) die grootste gewees.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cullinan, Sir Thomas
Volgende onderwerp: Curle, J.H.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:06:16 MGT 2024