Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cullinan, Sir Thomas
Cullinan, Sir Thomas [boodskap #121534] Sa, 01 Desember 2018 16:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Thomas Cullinan was 'n Suid-Afrikaanse nyweraar. Gebore in 1862 in Oos-Kaapland. Hy tree toe tot die boubedryf en neem deel aan die sogenaamde Kafferoorloë in die jare 1870. Hy gaan later na Oos-Transvaal en word 'n Barberton-pionier. Verhuis na die Witwatersrand, was suksesvol in sy vak, maar tree kort daarna toe tot die mynwese. Hy raak in 1896 geïnteresseerd in steen- en teëlproduksie en stig een van die grootste fabrieke in Suid-Afrika by Olifantsfontein, naby Pretoria. Na sy deelname aan die Tweede Vryheidsoorlog, het Cullinan die reg verkry om die eiendom van Willem Prinsloo, waar nog nie geprospekteer is nie, te ontgin. Hier is die Premiermyn in 1902 gestig. Dit word die grootste eiendom van sy soort in die wêreld. In later jare spits hy hom hoofsaaklik toe op nywerheidsondernemings. Hy was een van die pioniers in Suid-Afrika in die produksie van erdewerk en soortgelyke ware. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cullinan
Volgende onderwerp: Cullinan-diamant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:00:20 MGT 2024