Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cronwright-Schreiner, Samuel
Cronwright-Schreiner, Samuel [boodskap #121532] Sa, 01 Desember 2018 16:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Samuel Cron Cronwright-Schreiner was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en eggenoot van Olive Schreiner. Gebore in 1863 naby Bedford, Kaapprovinsie. Stam uit 'n 1820-Setlaarsfamilie. Ontvang onderwys aan St. Andrew's College, Grahamstad, waar hy hom in sport onderskei het. Hy gaan boer, ontmoet Olive Schreiner in Desember 1892 op die plaas Gannahoek en trou met haar in 1894. Hy verander sy naam van Cronwright na Cronwright-Schreiner. Skryf oor 'n verskeidenheid onderwerpe insluitend The Angora Coat, The Migratory Springboks of South Africa en politieke onderwerpe. In 1898 besluit hy om hom te kwalifiseer as 'n prokureur en woon 'n tydjie in Johannesburg. Hy keer terug na die Kaap en raak geïnteresseerd in die politiek. Hy begin praktiseer op Hanover, Kaapkolonie. Daar bly hy tot 1907 en verhuis na De Aar. In 1903 word hy verkies tot die Kaapse parlement en staan vir Colesberg. Van 1904 tot 1910 was hy lid vir Beaufort-Wes. In later jare raak hy vervreem van sy vrou maar raak versoen en skryf haar biografie. Hy redigeer 'n paar van haar boeke na haar dood. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cronje, Generaal Pieter Arnoldus
Volgende onderwerp: Cullinan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:10:59 MGT 2024