Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cronje, Generaal Pieter Arnoldus
Cronje, Generaal Pieter Arnoldus [boodskap #121531] Sa, 01 Desember 2018 16:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Pieter Arnoldus Cronjé was 'n leier in die Suid-Afrikaanse Republiek se militêre magte tydens die Eerste- en Tweede Vryheidsoorlog. Om en by 1835 in die Kaapkolonie gebore. Vergesel sy ouers in die Groot Trek, vestig hom in die Suid-Afrikaanse Republiek waar hy homself onderskei in verskeie veldtogte teen die naturelle. Woon naby Potchefstroom en was kommandant van daardie distrik tydens die Brits besetting van 1877. Tydens die Boereweerstand teen die nuwe bewind wat 'n hoogtepunt in die Amajuba-veldtog bereik het, lei hy die Republikeinse magte in die suksesvolle beleg van Potchefstroom. Met die sluiting van vrede was hy 'n hegte aanhanger van president Kruger en word tot die Volksraad verkies waar hy Superintendent van Naturellesake was. Dien ook in die Uitvoerende Raad. Neem deel in verskeie naturelleveldtogte en word in 1896 wêreldberoemd toe sy kommando die oorgawe van die Jameson-invallers afgedwing het. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 is hy in bevel van die Suid-Afrikaanse Republikeinse magte op die westelike front geplaas en begin met die beleg van Mafeking. Hy behaal minder sukses as in die verlede en lei die finale aanval op Kimberley. Behaal oorwinnings by Modderrivier en Magersfontein. Hy word in 'n lokval gelei by Paardeberg en op 22 Februarie 1900 gee hy met 4,000 manne oor aan lord Roberts. As gevangene word hy na St. Helena gestuur. Oorlede in 1911.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Crewe, Sir Charles Preston
Volgende onderwerp: Cronwright-Schreiner, Samuel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:14:54 MGT 2024