Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Creswell, Kolonel Frederick Hugh Page
Creswell, Kolonel Frederick Hugh Page [boodskap #121529] Sa, 01 Desember 2018 16:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Frederick Hugh Page Creswell was 'n arbeidsleier. Gebore in 1866 in Gibraltar. Hy kwalifiseer as 'n myningenieur en kom in daardie hoedanigheid in 1893 na Suid-Afrika. Werk in Rhodesië (nou Zimbabwe) en aan die Rand en veg in die Tweede Vryheidsoorlog in die Imperial Light Horse. Tree op die voorgrond as bestuurder van die Village Main-goudmyn in Johannesburg en is voorstander van blanke arbeid in plaas van ingevoerde Sjinese asiate. Ondersteun mynwerkerstaking in 1997 en word in 1910 'n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty. Hy word dieselfde jaar tot die Volksraad verkies en word later leier van dié party. Word gearresteer tydens die staking in 1914 en veg in die Eerste Wêreldoorlog in Suidwes-Afrika (nou Namibië) en Oos-Afrika. In 1923 sluit hy 'n verdrag met generaal Hertzog en toe laasgenoemde in 1925 aan bewind kom, word hy Minister van Verdediging en Arbeid. Later tree hy in Kaapstad af en is daar oorlede in 1947.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Creighton
Volgende onderwerp: Crewe, Sir Charles Preston
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:58:53 MGT 2024