Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Craven, Dr. Daniel
Craven, Dr. Daniel [boodskap #121527] Sa, 01 Desember 2018 15:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Daniël Hartman Craven (bekend as Danie Craven of Dok Craven) was 'n Suid-Afrikaanse sportman en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad. Op 11 Oktober 1910 op Lindley, Oranje-Vrystaat, gebore. Ontvang opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch en in Europa. Word 'n uitstaande rugbyspeler. In 1931 speel hy vir Suid-Afrika teen Brittanje, in 1933 en 1937 teen Australië, in 1937 teen Nieu-Seeland en in 1938 was hy kaptein van die Suid-Afrikaanse span teen Brittanje. Tydens die Tweede Wêreldoorlog veg hy in die Suid-Afrikaanse magte as luitenant-kolonel en sluit later aan by die personeel van die Universiteit van Stellenbosch as professor in Liggaamlike Opvoeding. Later was hy bestuurder van verskeie Springbokspanne en het ook baie oor rugby geskryf. Hy is in 1993 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Crassula
Volgende onderwerp: Creighton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:16:15 MGT 2024