Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cradock, Sir John Francis
Cradock, Sir John Francis [boodskap #121522] Sa, 01 Desember 2018 15:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Francis Cradock (ook bekend as Caradoc) was 'n Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Gebore in 1762 in Ierland, seun van aartsbiskop John Cradock van Dublin. Hy word Goewerneur in 1811. Terwyl hy in Suid-Afrika was, het hy op militêre gebied 'n aansienlike bydrae gelewer in die oorlog teen die grens-Bantoes. Rondgaande howe is onder sy gesag begin. Sy grondverbeterings was van blywende belang in die daarstelling van die modern stelsel van eiendomsreg. In 1812 is hy bevorder tot die rang van generaal en keer die volgende jaar terug na Engeland. Hy aanvaar die familienaam, Caradoc, en ontvang later 'n adelstitel as baron Howland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cradock
Volgende onderwerp: Craig, Sir James Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:32:43 MGT 2024