Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cowan, Dr.
Cowan, Dr. [boodskap #121519] Sa, 01 Desember 2018 15:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Cowan was 'n vroeë Kaapse ontdekkingsreisiger. In 1808 het hy vergesel van luitenant Donovan en 'n geselskap Hottentotte, Kaapstad verlaat en het so ver as die huidige Griekwastad gereis. Met die bedoeling om Delagoabaai te bereik, het hulle die omgewing van die teenswoordige Maricorivier en die Waterberg binnegegaan en uiteindelik die Limpopo bereik. Ds. R. Anderson het by hulle op Griekwastad aangesluit en het die enigste nuus ooit deur dr. Cowan uitgereik, met hom saam teruggebring. Hoe die reisigers aan hulle einde gekom het, bly 'n raaisel. Gedurende die jare 1850 is oorblyfsels deur setlaars ontdek wat, na bewering, aan lt. Donovan behoort het. Dit sluit regimentsknope van die 83ste Regiment, sakmesse en ander kleinighede in.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cotts, Sir William Dingwall Mitchell
Volgende onderwerp: Coxcomb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:21:23 MGT 2024