Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Coryndon, Sir Robert Thorne
Coryndon, Sir Robert Thorne [boodskap #121517] Sa, 01 Desember 2018 15:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Robert Thorne Coryndon was 'n Suid-Afrikaans - gebore Goewerneur van Kenia. Gebore in 1870 op Queenstown, Kaapkolonie. Ontvang opleiding op Grahamstad en aan Cheltenham College, Engeland. Hy sluit in 1889 by die Betsjoeanalandse Grenspolisie, doen diens in die Pioneer Column in Rhodesië (Zimbabwe) tydens die Matabele-oorlog in 1893 en weer in die Matabele-opstand. Aangesien Coryndon al noord van die Zambezi gejag het, is hy in 1897 as leier van die ekspedisie van die Chartered Company na Barotseland en word later aangestel as Britse Resident-kommissaris met koning Lewanika. In 1900 word hy Administrateur van Noordwes-Rhodesië en in 1907 Resident-kommissaris in Swaziland. In 1914 en 1915 was hy voorsitter van die Suid-Rhodesiese Naturellereserwekommissie en in 1916 Resident-kommissaris in Basoetoland. In 1917 word Coryndon Goewerneur van Uganda en bevorder tot Goewerneur van Kenia en Hoë Kommissaris van Zanzibar in 1922. Oorlede op 10 Februarie 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cory, Sir George Edward
Volgende onderwerp: Cotts, Sir William Dingwall Mitchell
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:01:22 MGT 2024