Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cory, Sir George Edward
Cory, Sir George Edward [boodskap #121516] Sa, 01 Desember 2018 14:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir George Edward Cory was 'n Suid-Afrikaanse historikus. Gebore in 1862 in Londen en ontvang opleiding aan Hurstpierpoint in Sussex en King's College, Cambridge, waar hy in chemie studeer. Op 29 jarige ouderdom kom hy na Suid-Afrika waar hy op Grahamstad onderhoof van die staatskool word. Word lektor in skeikunde en Fisika aan St. Andrew's College in Grahamstad. Toe Universiteitskollege Rhodes in 1904 gestig is, aanvaar hy die leerstoel Chemie en is ook staatsanalitikus vir Oos-Kaapland. Onderneem lang reise en bestudeer bouvalle en oorblyfsels aan die oostelike grens. So begin sy beroemde werk, The Rise of South Africa, die standaardgeskiedenis van die Oostelike Provinsie, spesifiek oor die 1820-Setlaars en hulle afstammelinge. Vyf boekdele is gedurende sy leeftyd gepubliseer terwyl 'n sesde jare later as deel van Unie-Argiefjaarboek verskyn het. Het ook die Cory-koffiesypelkan ontwerp waaruit hy geringe geldelike wins behaal het. Oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Corner House
Volgende onderwerp: Coryndon, Sir Robert Thorne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:19:07 MGT 2024