Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Corner House
Corner House [boodskap #121515] Sa, 01 Desember 2018 14:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Corner House is die algemene naam vir die Central Mining-Rand Mines-groep goudmyne aan die Witwatersrand. In 1876 in Kimberley as Jules Porges & Co. gestig. Verskuif na Johannesburg in 1887 waar die plaaslike tak tot 1910 Hermann Eckstein & Co. genoem is. Dit word Wernher, Beit & Co. in 1889 nadat Porges afgetree het en die maatskappy word oorgeneem deur Julius Wernher (later sir Julius), Alfred Beit en andere. Die maatskappy word in 1905 die Central Mining and Finance Corporation. Die Corner House-groep is een van die grootste aan die Rand met meer as 100,000 werknemers en behalwe goud, het dit ook belangrike belange in steenkool, kalk, sement, hout, diamante en basiese metale ens. Die naam is afgelei van die hoofkantoor in Johannesburg, die Corner House, 'n nege-verdieping-gebou wat in 1904 opgerig is. 'n Nuwe moderne gebou is in 1965 in Johannesburg voltooi.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cookhouse
Volgende onderwerp: Cory, Sir George Edward
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:44:12 MGT 2024