Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Coode, Sir John
Coode, Sir John [boodskap #121513] Sa, 01 Desember 2018 14:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Coode was 'n Britse hawe-ingenieur, verantwoordelik vir die meeste van die vroeëre Suid-Afrikaanse hawewerke. Gebore in 1816 in Cornwall. Hy bou Portland--seewering in 1856, en word uitgenooi na die Kaap om 'n 'hawe van skuiling' in Tafelbaai te ontwerp. In 1860 begin hy werk hieraan. Hy het ook die oorspronklike plan ontwerp vir Port Elizabeth wat egter onsuksesvol was. Coode het Suid-Afrika in verband met hierdie werk besoek. Sy planne vir Port Natal is verwerp op grond van die koste. Word lid van die Suezkanaal-Kommissie in 1888 en is oorlede op 2 Maart 1892.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Constantia
Volgende onderwerp: Cookhouse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:27:27 MGT 2024