Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Conradie, Johannes Hendrik
Conradie, Johannes Hendrik [boodskap #121510] Sa, 01 Desember 2018 14:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johannes Hendrik Conradie was 'n Administrateur van die Kaapprovinsie. Gebore op Prins Albert in 1872; studeer aan Victoria-kollege, Stellenbosch en kwalifiseer as onderwyser. Gee onderwys op Christiana, Transvaal, en later in die Vrystaat waar hy skoolhoof word, Het in die Tweede Vryheidsoorlog geveg en kwalifiseer as prokureur. Van 1912 tot 1921 is hy superintendent van die Kakamas-Werkkolonie aan die Oranjerivier. 'n Stigterslid van die Nasionale Party. In 1920 word hy verkies tot die Volksraad. Van 1929 tot 1938 is hy Administrateur van Kaapland. Oorlede in 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Connor, Sir Henry
Volgende onderwerp: Consolidated Gold Fields of South Africa Ltd.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:27:40 MGT 2024