Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Connor, Sir Henry
Connor, Sir Henry [boodskap #121509] Sa, 01 Desember 2018 14:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry Connor was 'n Hoofregter van Natal. Gebore in 1817, in Ierland en ontvang opleiding aan Trinity College, Dublin, waar hy in die regte studeer en sy graad in 1841 ontvang. Nadat hy as Hoofregter aan die Goudkus optree, word hy in 1857 aangestel as Eerste Onderregter van Natal. Bly 'n kort tydjie in die Kaap en word dan in 1874 Hoofregter van Natal. Sy geskrifte oor Romeinse en Romeins-Hollandse Reg is in die Natalse Provinsiale Afdelingsbiblioteek. Oorlede op 12 Julie 1890.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Connaught, Prins Arthur van
Volgende onderwerp: Conradie, Johannes Hendrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:39:16 MGT 2024