Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Connaught, Hertog van
Connaught, Hertog van [boodskap #121507] Sa, 01 Desember 2018 14:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Hertog van Connaught is die sewende kind van koningin Victoria. Gebore in 1850. In 1906 bring die Hertog met sy vrou (vroeër prinses Louise Marguerite van Pruise) en dogter, prinses Patricia, 'n besoek aan Suid-Afrika. Vier jaar later keer die Hertog en Hertogin terug om die eerste Unie-Parlement te open en om die nuwe dokke by Simonstad in gebruik te neem. In 1942 op 92-jarige ouderdom oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Comrades Marathon
Volgende onderwerp: Connaught, Prins Arthur van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:46:51 MGT 2024