Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Comrades Marathon
Comrades Marathon [boodskap #121506] Sa, 01 Desember 2018 14:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Comrades Marathon (Kameraads-marathon) is 'n beroemde wedloop van Durban na Pietermaritzburg, 'n afstand van ongeveer 90 km (54 myl). Dit is in 1921 deur Victor Clapham gestig in navolging van die Effektebeursstapwedloop van Londen na Brighton. Eerste borge was die 'Comrades of the Great War', voorloper van die 'British Empire Service League'. Trofeë is deur plaaslike koerante aangebied en die wedloop word van nasionale belang. Vind tradisioneel plaas op 24 Mei en was aanvanklik slegs oop vir enige blanke manlike amateurs oor die ouderdom van 18 jaar. Die rigting van die wedloop word elke jaar gewissel tussen die op-wedren vanaf Durban en die af-wedren vanaf Pietermaritzburg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Companhia do Nyasa
Volgende onderwerp: Connaught, Hertog van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:17:25 MGT 2024