Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Collins, Samuel Vernon
Collins, Samuel Vernon [boodskap #121501] Sa, 01 Desember 2018 13:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Samuel Vernon Collins was 'n diamantmagnaat. Op 27 Julie 1913 in Beaumont, Texas, gebore waar hy sy hoërskoolopleiding ontvang het. Op 16 jarige ouderdom begin hy op 'n olieveld werk en het tydens die groot Amerikaanse depressie tydskrifte van deur tot deur verkoop. In 1934 word hy 'n boorman, in 1944 'n kontrakteur en lê onderwaterpyplyne en werk vir die Verenigde State se geniekorps. Deur hierdie bedrywighede kom hy in 1951 na Suid-Afrika waar sy belange in die herwinning van diamante van die seebodem naby Namibië (Suidwes-Afrika) lei tot die stigting van Marine Diamonds Ltd. Later oorgeneem deur De Beers.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Colley, Generaal Sir George Pomeroy
Volgende onderwerp: Colonial Orphan Chamber
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:52:48 MGT 2024