Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Colley, Generaal Sir George Pomeroy
Colley, Generaal Sir George Pomeroy [boodskap #121500] Sa, 01 Desember 2018 11:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Sir George Pomeroy Colley was 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal. Gebore in 1835, van Ierse afkoms. Hy sluit in 1852 by die leër aan as vaandrig. Hy word na die Kaap gestuur en gestasioneer as landdros aan die grens. Hy doen ook karterings- en opmetingswerk vir die leër. Besoek Natal en Transvaal die tweede keer in 1875. Hy word stafhoof onder lord Chelmsford in 1879 met die uitbreek van die Zoeloe-oorlog, en generaal-majoor in 1880. In dieselfde jaar word hy Goewerneur van Natal en kry te doen met die Boere-inval uit Transvaal. Hy ondervind 'n reeks terugslae en word verslaan by Laingsnek in Januarie 1881. Om te vergoed vir hierdie terugslag, beset hy die kruin van Amajuba. Die koppie word op 26 Februarie 1881 deur die Boere aangeval en Colley sneuwel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Coligny
Volgende onderwerp: Collins, Samuel Vernon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:20:38 MGT 2024