Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Colenso, Biskop John William
Colenso, Biskop John William [boodskap #121494] Sa, 01 Desember 2018 11:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Biskop John William Colenso was die eerste Anglikaanse biskop van Natal. Gebore in 1814 in Cornwall, Engeland. Na sy aankoms in Natal wen hy die vertroue van die Zoeloes maar veroorsaak groot opskudding deur te weier om die Zoeloes te verplig om veelwywery te staak. As gevolg van vrae oor die Bybel deur bekeerlinge skryf Colenso 'n reeks boeke waarin hy die letterlike waarheid van die Skrif in twyfel trek. Hy word aangekla van kettery en deur biskop Robert Gray geëkskommuniseer. Hy doen geregtelike stappe en is deur die Geheime Raad herbevestig as biskop. Afgesien van sy kerklike bedrywighede het Colenso die eerste Zoeloe-grammatikaboek, woordeboek en leesboek geskryf. Was 'n kampvegter vir die Zoeloes in hulle geskil met die Departement Kolonies. Oorlede in 1883.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Colenso
Volgende onderwerp: Colenso, Frances Ellen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:49:51 MGT 2024