Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Colenbrander, Kolonel Johann William
Colenbrander, Kolonel Johann William [boodskap #121492] Sa, 01 Desember 2018 11:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Johann William Colenbrander was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier. Gebore in 1859 in Pinetown, Natal. Van Hollandse afkoms. Gaan na Zambezia op vroeë ouderdom waar hy die vertroue van Lobengula, koning van die Matabeles, wen. Word tolk van laasgenoemde en vergesel sy gesante na Engeland in 1889. Hy het 'n leidende aandeel in die besoek van die 'Pioneer Column' aan Rhodesië. In die Matabele-opstand van 1896 organiseer hy sy eie eenheid, die 'Colenbrander Boys'. Hy vergesel ook Cecil Rhodes na die Matopo's vir sy beroemde onderhandelings wat 'n einde aan die opstand gemaak het. Veg in die Tweede Vryheidsoorlog en verdrink in 1918 naby Johannesburg terwyl hy 'n rolprent oor die Zoeloe-oorlog gemaak het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cole, Sir Galbraith Lowry
Volgende onderwerp: Colenso
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:37:03 MGT 2024