Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Coillard, Ds. Francois
Coillard, Ds. Francois [boodskap #121489] Sa, 01 Desember 2018 11:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Francois Coillard was 'n Franse protestantse sendeling. Gebore in Amiens in 1834. Hy wou graag Afrika besoek en in 1857 is hy na Basoetoland namens die Paryse Evangeliese Sending. Bly daar tot 1877 toe hy besluit om 'n stasie in Barotseland, ver noord van die Zambezi, te stig. Vergesel van sy vrou, onderneem hy die lang reis en ten spyte van aanslae op sy lewe en gevangeneming deur Lobengula, voltooi hy die reis in 2 jaar. Hy wen die vertroue van Lewanika en oorreed hom om hom te onderwerp aan blanke gesag. Hy skryf 'n standaardboek On the Threshold of Central Africa. Hy is in 1904 oorlede aan koors.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cohen, Dr. Emil
Volgende onderwerp: Cole, Alfred Whaley
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:46:49 MGT 2024