Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Coghlan, Sir Charles Patrick John
Coghlan, Sir Charles Patrick John [boodskap #121486] Sa, 01 Desember 2018 11:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Charles Patrick John Coghlan was 'n Eerste Minister van Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe). Gebore op 24 Junie 1863 in King William's Town. Sy vader, James Coghlan, het op Clocolan, Vrystaat gewoon. Ontvang opleiding aan St. Aidan's College, Grahamstad, en kwalifiseer as prokureur. Vestig hom in Kimberley. Bou 'n groot praktyk op en doen diens in die Town Guard tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy verhuis na Rhodesië waar hy 'n praktyk in Bulawayo begin en word in 1908 verkies tot die Wetgewende Raad. In dieselfde jaar woon hy die Suid-Afrikaanse Nasionale Konvensie by. Toe Rhodesië nie by die Unie aansluit nie, konsentreer hy op selfregering. Nadat dit in 1923 toegeken is, word hy aangestel as Eerste Minister. Oorlede op 28 Augustus 1927 en is begrawe by 'World's View' in die Matopo's.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cofimvaba
Volgende onderwerp: Cohen, Abner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:14:10 MGT 2024