Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cock, William
Cock, William [boodskap #121482] Sa, 01 Desember 2018 11:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Cock was 'n pionier van hawe- en ander ontwikkeling in Oos-Kaapland. Gebore in Oxfordshire, Engeland, in 1794 en kom na die Kaap met die 1820-Setlaars. Hy sien die moontlikhede van 'n hawe aan die mond van die Kowierivier. Aan hierdie skema het hy baie jare gewy en baie kapitaal bestee. 'n Nedersetting, Port Frances, ontstaan. Word later herdoop na Port Alfred. Cock was lid van die Kaapse Wetgewende Raad van 1847 tot 1853 en weer van 1856 tot 1868. Met die stigting van die eerste Koloniale parlement word hy lid. Oorlede in 1876.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Coalbrook
Volgende onderwerp: Coertse, Mimi (Maria Sophia)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:58:03 MGT 2024