Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Coalbrook
Coalbrook [boodskap #121481] Sa, 01 Desember 2018 10:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Coalbrook is 'n steenkoolmynsentrum naby Heilbron in die noordelike Vrystaat op die terrein van die Coalbrook Steenkoolmyn, een van die oudste werkende myne in Suid-Afrika, geopen in 1896. Coalbrook het wêreldwye bekendheid verkry toe 'n groot deel van die myn op 21 Januarie 1960 ingestort en almal ondergronds toegeval het. Desperate pogings is aangewend om die slagoffers te red, maar na weke van mislukte pogings is die reddingswerk gestaak. Altesaam 435 mense het die lewe ingeskiet, die hoogste sterftesyfer in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse mynwese.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Clydesdale
Volgende onderwerp: Cock, William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:15:05 MGT 2024