Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Clarendon, Hyde Villiers
Clarendon, Hyde Villiers [boodskap #121469] Sa, 01 Desember 2018 09:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hyde Villiers Clarendon, die die sesde Graaf van Clarendon, was 'n Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Gebore op 7 Junie 1877. Van 1931-37 Goewerneur-generaal en opperbevelvoerder. Hy was 'n gewilde en gerespekteerde bekleër van dié amp en het met groot knaphandigheid moeilike situasies tydens die depressie en die samesmelting tussen generaals Hertzog en Smuts hanteer. Na afloop van sy dienstermyn in Suid-Afrika in 1937, word hy lord Chamberlain en word hoof van die Koninklike Huishouding. Oorlede in 1955.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Claremont
Volgende onderwerp: Clarens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:11:10 MGT 2024