Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cilliers, Sarel Arnoldus
Cilliers, Sarel Arnoldus [boodskap #121464] Sa, 01 Desember 2018 09:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sarel Arnoldus Cilliers was 'n Voortrekkerleier. Gebore in 1801 naby Klein Drakenstein. Groei op Graaff-Reinet op, en sluit tydens die Groot Trek in 1837 aan by A.H. Potgieter. Onderskei hom in die slag van Vegkop. Was lid van 'n afvaardiging wat na die Kaapkolonie teruggestuur is om die Voortrekkers te help. Cilliers het hom ook onderskei in die slag van Bloedrivier en het 'n dankdiens na die oorwinning gehou. Vestig hom naby Pietermaritzburg maar trek na die Vrystaat na die Britse besetting van Natal. Help met die opstel van die Vrystaatse Grondwet in 1854. Oorlede in 1871.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Church of England
Volgende onderwerp: Citrusdal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:31:01 MGT 2024