Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Churchill, Sir Winston S.
Churchill, Sir Winston S. [boodskap #121461] Sa, 01 Desember 2018 07:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Winston Leonard Spencer-Churchill
Winston Leonard Spencer-Churchill
Sir Winston S. Churchill was 'n Britse politikus, veral bekend as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hy het verskillende beroepe beoefen waaronder soldaat, joernalis, skrywer en politikus en het verskeie verbintenisse met Suid-Afrika in sy vroeëre loopbaan gehad. Sewe jaar na die wedervaringe van sy vader, lord Randolph Churchill, was hy korrespondent van die Morning Post in die Tweede Vryheidsoorlog. Hy word naby Frere, Natal gevange geneem, geneem na Pretoria en ontsnap daar uit die ou Gimnasium-skool. Hy vlug na Lourenço Marques (nou Maputo). Later vergesel hy sir Ian Hamilton se magte met sy opmars na Johannesburg wat hy beskryf het. Hy is oorlede op 24 Januarie 1965.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Churchill, Lord Randolph
Volgende onderwerp: Church of England
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:36:23 MGT 2024