Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Churchill, Lord Randolph
Churchill, Lord Randolph [boodskap #121460] Sa, 01 Desember 2018 06:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Randolph Churchill was die vader van sir Winston S. Churchill. Besoek Suid-Afrika in 1891 en skryf 'n reeks briewe vir die Londense Daily Graphic wat in boekvorm onder die titel Men, Mines and Animals in South Africa verskyn. Hy was 'n stigter van Rand Mines Ltd., waarvan hy 'n aansienlike inkomste gehaal het. In geselskap van Alfred Beit, Percy Fitzpatrick en ander trek hy deur Rhodesiƫ (nou Zimbabwe) pas nadat dit beset is in "luukse" toestande wat Fitzpatrick sarkasties beskryf in sy Through Mashonaland with Pick and Pen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Chroom
Volgende onderwerp: Churchill, Sir Winston S.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:21 MGT 2024