Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Chrissie-meer (Chrissiemeer)
Chrissie-meer [boodskap #121456] Sa, 01 Desember 2018 06:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Chrissie-meer is 'n groot pan water in Oos-Transvaal. Die dam en die dorp daar naby is vernoem na Christina (Chrissie) Pretorius, dogter van president A.W.J. Pretorius. Normaalweg is die meer 3 km (2 myl) wyd en nagenoeg 10 km (6 myl) lank met 'n omtrek van nagenoeg 16 myl en 'n diepte van tot 6 meter (20 voet). Sedert die groot reëns van 1918 het dit in grootte en gemiddelde diepte toegeneem. Dit is die weiveld en broeiplek van menige watervoëls, ook flaminke. Daar naby is groot aangeplante bosse. Die dorpie Chrissiemeer is aan die noordekant van die meer geleë.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Choma
Volgende onderwerp: Christelike Nasionale Onderwys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:28:42 MGT 2024