Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Chinde
Chinde [boodskap #121445] Vr, 30 November 2018 19:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Chinde is 'n hawe in Mosambiek aan die monding van die Zambezi. Gestig as gevolg van die oopstelling van Njassaland (nou Malawi) aan die begin van die jare 1890. Volgens 'n ooreenkoms tussen Brittanje en Portugal word 'n gebied van 25 acres in 1891 aan Brittanje verhuur vir 'n tydperk van 99 jaar insluitend die gebiedsregte. Dit is ingevolge 'n ooreenkoms afgeskaf kort na die Eerste Wêreldoorlog. Vroeg in 1922 word Chinde byna deur 'n orkaan verwoes. Die skade is sedertdien herstel en Chinde is hoofsentrum van die suikerlandgoede aan die Zambezi en elders. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 90,000 (500 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Chimanimani-bergreeks
Volgende onderwerp: Chindio
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:36:06 MGT 2024