Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Chapman, James
Chapman, James [boodskap #121437] Vr, 30 November 2018 15:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Chapman was 'n ontdekkingsreisiger en jagter. Gebore in Engeland in 1831; kom na Natal op 'n 11 jarige ouderdom. Na sy skoolopleiding in die Kaap in 1849, hoewel maar 18 jaar, trek hy na die binneland van Pietermaritzburg af en word een van die eerste winkelhandelaars in Potchefstroom. Kort daarna begin hy met sy eerste binnelandse togte. In 1851 trek Chapman tot 70 myl van die Victoria-waterval. Indien hy verder sou gaan, sou hy dit voor Livingstone ontdek het. Twee jaar later onderneem hy nog 'n ekspedisie na die noorde van Betsjoeanaland (nou Botswana) en aan die bolope van die Zambezi. In 1860 trek hy oorland na Walvisbaai en is een van die eerste blankes wat hom in Suidwes-Afrika (nou Namibiƫ) vestig waar hy 'n beesteelstasie op Otjimbingwe stig. Hy en Thomas Baines beplan 'n reis van Walvisbaai af tot die Zambezi onderkant die Victoriawaterval, en dan na die monding en steek sodoende Afrika van wes na oos oor. James Chapman en sy broer, Henry, verlaat Kaapstad in Desember 1860, voor Baines, en bereik die Zambezi in 1863, maar slaag nie daarin om die reis na die riviermonding te voltooi nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Chaplin, Sir Franils Drummond
Volgende onderwerp: Charlestown
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:55:25 MGT 2024