Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Chaplin, Sir Franils Drummond
Chaplin, Sir Franils Drummond [boodskap #121436] Vr, 30 November 2018 15:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Franils Drummond Chaplin was 'n Administrateur van Rhodesië. Gebore in 1866 in Twickenham, Londen. Studeer in Oxford en word advokaat in 1891. Die jaar daarna emigreer hy na Johannesburg en word korrespondent van die Londen Times. Hy ontmoet Cecil Rhodes en gaan na Kimberley. In 1900 word 'n pos by Consolidated Goldfields, Rhodes se maatskappy, hom aangebied. Hy word gesamentlike bestuurder in Johannesburg kort na die Britse besetting van die stad. Tydens die Milner-bewind dien hy op die genomineerde Johannesburgse Stadsraad en word gekies as lid vir Germiston nadat verantwoordelike bestuur toegeken is. Nadat sir William Milton afgetree het, word Chaplin aangestel as Administrateur van Suid-Rhodesië (Zimbabwe) en later Noord-Rhodesië (Zambië) waartydens hy die twee poste gesamentlik beklee tot aan die einde van die Chartered Company administrasie in 1923. Na sy terugkeer na die Unie vestig hy hom in die Kaap, waar hy in 1924 verkies word as lid van die Unie-Parlement. Hy is oorlede in 1933.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Chancellor, Sir John Robert
Volgende onderwerp: Chapman, James
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:33:32 MGT 2024