Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Chancellor, Sir John Robert
Chancellor, Sir John Robert [boodskap #121435] Vr, 30 November 2018 15:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Robert Chancellor was die eerste Goewerneur van Suid-Rhodesië (tans Zimbabwe). Gebore op 29 Oktober 1870 in Edinburgh. Hy sluit aan by die Ingenieurskorps van die Britse Leër in 1890 en werk in Egipte en Indië. In 1906 was hy sekretaris van die Koloniale Verdedigingskomitee, Goewerneur van Mauritius van 1911 tot 1916. Na die toekenning van selfregering aan Suid-Rhodesië in 1923 was hy Goewerneur daar tot 1928. Later van tyd tot tyd was hy Hoë Kommissaris in Palestina. Hy is oorlede in 1952.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Champion, Allison Wessel George
Volgende onderwerp: Chaplin, Sir Franils Drummond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:40:43 MGT 2024