Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Champion, Allison Wessel George
Champion, Allison Wessel George [boodskap #121434] Vr, 30 November 2018 15:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Allison Wessel George Champion (regte naam Mhlongo) was 'n Bantoeleier. Gebore op 4 Desember 1893 aan die Laer Tugela, Natal en ontvang sy skoolopleiding aan Amanzimtoti-Opleidingsinstituut deur die American Board Mission. In 1913 word hy polisieman in Johannesburg en bedank twee jaar later uit die mag om by die Crown Mines aan te sluit as klerk. Hy bedank in 1925 en word organiseerder van die Nywerheids- en Handels-werkersvakbond. (Industrial and Commerical Workers' Union). Hy verskyn voor verskeie regeringskommissies en word 'n lid van die Gesamentlike Raad van Blankes en Bantoes. Hy stig die eerste Naturelle-Adviserende Raad in Durban. Hy word in 1930 uit Zoeloeland verban ingevolge die Wet op Oproerige Byeenkomste. Regter De Waal het Champion bestempel as 'in baie opsigte 'n merkwaardige man'. Later jare het hy op sy plaas op Inanda, Natal gewoon.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Chaka's Rock
Volgende onderwerp: Chancellor, Sir John Robert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:22:50 MGT 2024