Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cetshwayo
Cetshwayo [boodskap #121430] Vr, 30 November 2018 14:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Koning Cetshwayo, ongeveer 1875.
Koning Cetshwayo, ongeveer 1875.
Cetshwayo (ook bekend as Ketshwayo) was 'n Koning van die Zoeloes en die seun van Panda. Hy was in oorloë betrokke met sy broer voordat hy die troon bestyg het. Na die dood van Panda in Oktober 1872 word hy alleenheerser. Die Britse owerhede het probeer om hom te beheer ten spyte van die feit dat hulle sy soewereiniteit erken het. Dus is 'n 'kroning' in 1873 deur sir Theophilus Shepstone waargeneem. Cetshwayo was waardig en bekwaam, maar kon nie sy militêre instinkte beheer nie, net so min kon hy sy mense keer om die bloed van hulle minderwaardige bure te vergiet. Grensmoeilikhede het voortgeduur en in 1879 breek die Zoeloe-oorlog uit. Na aanvanklike oorwinnings word Cetshwayo verslaan en na die slag van Ulundi word hy die bosse ingejaag, waar hy op 28 Augustus 1879 gevang word. Hy word na die Kaapstadse kasteel as staatsgevangene gestuur en later verwyder na 'n naby geleë plaas 'Oude Molen'. As gevolg van die chaotiese toestande in Zoeloeland, vra sy volk dat hy teruggestuur word, maar die Natalse setlaars het dit streng teengestaan. In 1882 besoek hy Londen waar hy deur koningin Victoria verwelkom word. Die gevolg is dat hy in 1883 na Zoeloeland terugkeer en op 29 Januarie deur sir Theophilus Shepstone as koning herstel word. Kort daarna word hy verslaan in die oorlog teen Usibepu. Oorlede op 8 Februarie 1884 en begrawe in die Nkhandhla-bos.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ceres
Volgende onderwerp: Chai-Chai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:36:29 MGT 2024