Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Celliers, Johannes Francois Elias
Celliers, Johannes Francois Elias [boodskap #121425] Vr, 30 November 2018 06:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johannes Francois Elias Celliers was 'n Afrikaanse digter. Gebore in 1865 op Wellington, Kaap. Ontvang onderrig in Kaapstad en trek in 1873 saam met sy ouers na Pretoria. Hy studeer landmeetkunde en word staatsbibliotekaris in Pretoria. Hy veg in die Tweede Vryheidsoorlog, was verbonde aan die Afrikaanse Taalbeweging en dra by tot die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie in 1907. Intussen skryf hy in 1905 die gedig wat hom beroemd maak, nl. Die Vlakte, waarskynlik nog die beste wat ooit in Afrikaans geskryf is. Skryf baie ander gedigte van hoogstaande gehalte veral oor die Suid-Afrikaanse landskap. Hy dra ook by tot die stigting van die letterkundige tydskrif, Die Brandwag (moenie verwar word met latere tydskrifte met dieselfde naam nie). In 1919 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy 10 jaar gedoseer het. Hy is oorlede in 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Celliers, Jan
Volgende onderwerp: Celliers, Sarel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:53:42 MGT 2024