Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Celliers, Jan
Celliers, Jan [boodskap #121424] Vr, 30 November 2018 06:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Celliers was 'n vroeë Transvaalse joernalis. Gebore in 1839 op Wellington, Kaap. Gaan na die Paarl en sluit in 1863 aan by die redaksie van Het Volksblad. Op versoek van president T.F. Burgers is hy na die Transvaal in 1870 en in 1873 vestig hy hom in Pretoria waar hy De Volksstem stig. Word sekretaris van die Pretoriase tak van die Afrikanerbond en sy geskrifte het die Boere se weerstand teen die Britse anneksasie versterk. Hy tree af in 1888 en is oorlede in 1893. Sy seun was die digter, J.F.E. Celliers.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cedara
Volgende onderwerp: Celliers, Johannes Francois Elias
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:06:47 MGT 2024