Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cathcart, Sir George
Cathcart, Sir George [boodskap #121419] Vr, 30 November 2018 06:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir George Cathcart was 'n Kaapse goewerneur. Seun van die eerste Graaf van Cathcart, gebore 1794 en sluit op 16 jarige ouderdom by die leër aan. Aangestel as opperbevelhebber in Suid-Afrika en Kaapse Goewerneur in 1852. Veg in die Agste Grensoorlog in Oos-Kaapland en teen Basoeto-opperhoof, Mosjesj in die Oranjerivier- Soewereiniteit en Basoetoland. Word in die slag van Berea verslaan deur Mosjesj wat wyselik vrede gemaak het voordat vergeldingstappe gedoen kon word. Hy sneuwel tydens die slag van Inkerman in die Krim-oorlog in Rusland op 5 November 1854.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cathcart
Volgende onderwerp: Cato Ridge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:19:39 MGT 2024