Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Carter, Sydney
Carter, Sydney [boodskap #121413] Vr, 30 November 2018 06:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sydney Carter was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Gebore op 2 April 1874 in Enfield, Middlesex, Engeland. Seun van die kunstenaar, Richard Carter. Studeer aan die Royal College of Art, Londen. As lid van die Londense Sketsklub saam met Phil May en ander kunstenaars, wen hy die Gilbert Garrett-prys in 1898. Stal uit by die Koninklike Akademie (Royal Academy), die Paris Salon ens. Nadat hy in die Eerste Wêreldoorlog geveg het, vestig hy hom in Exeter. In 1923 kom hy na Suid-Afrika waar hy die res van sy lewe woon. Hy verwerf plaaslik gou bekendheid met sy studies van bome en landskappe en is ook verantwoordelik vir die versiering van verskeie belangrike openbare geboue. Hy is oorlede op 21 Desember 1945.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Carrington, Generaal-majoor Sir Frederick
Volgende onderwerp: Casement, Sir Roger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:47:49 MGT 2024