Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Carrington, Generaal-majoor Sir Frederick
Carrington, Generaal-majoor Sir Frederick [boodskap #121412] Vr, 30 November 2018 06:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-majoor Sir Frederick Carrington was 'n Britse offisier. Gebore in 1844 op Cheltenham. Kom na Suid-Afrika in 1875. Eerste veldtog in Griekwaland-Wes, gevolg deur die Galeka-veldtog van 1877 waarin hy die Frontier Light Horse op die been gebring en aangevoer het. As kommandant van die Transvaalse Vrywilligerkorps storm hy Sekoekoenie se vesting. In die Geweeroorlog was hy aanvoerder by Mafeteng, wat beleër is deur die Basoetos. Later lei hy die koloniale troepe in daardie slag en word swaar gewond. In 1884 voer hy bevel oor die Second Mounted Rifles en was kommandant van die opgekommandeerde Bantoes in die Zoeloe-onluste van 1888. In die Matabele-opstand van 1896 was hy die bevelvoerende offisier. Word kommandant van die Betsjoeanalandse Grenspolisie in 1893. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy bevelvoerder van 'n Rhodesiese (Zimbabwiese) mag wat Transvaal uit die noorde moes aanval. Oorlede in 1913.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Carpio-aangeleentheid
Volgende onderwerp: Carter, Sydney
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:42:07 MGT 2024