Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Carpio-aangeleentheid
Carpio-aangeleentheid [boodskap #121411] Do, 29 November 2018 19:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Carpio-aangeleentheid is 'n veelbesproke gebeurtenis aangaande Namibië (Suidwes-Afrika). Op 13 April 1962 het 'n Spesiale Komitee van die Verenigde Volke 'n uitnodiging van die Suid-Afrikaanse regering aanvaar om twee van sy verteenwoordigers, dr. Victorio Carpio van die Filippyne en dr. Salvadore Martinez de Alva toe te laat om 'n inspeksiebesoek af te lê. Hulle het op 5 Mei in Pretoria aangekom, samesprekings gevoer met die Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, die Minister van Buitelandse Sake, mnr. Eric Louw en die Adjunk-minister vir Suidwes-Afrika-aangeleenthede, mnr. J.G.H. van der Wath. Van 9 tot 19 Mei reis hulle deur Suidwes-Afrika en besoek die Transkei van 21 tot 23 Mei. Dr. Carpio het 24 Mei siek geword maar op 26 Mei is 'n gesamentlike verklaring deur die besoekers uitgereik waarin hulle hulle tevredenheid te kenne gee met die toestande in Suidwes-Afrika en ontken dat daar enige tekens van 'n beweerde wapens-opbou bestaan. Ná hulle terugkeer na die buiteland, ontken dr. Carpio die waarheid van hierdie verklaring alhoewel hy weerspreek is deur dr. De Alva.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Carolina
Volgende onderwerp: Carrington, Generaal-majoor Sir Frederick
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:51:50 MGT 2024