Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Caprivi Zipfel (Kaprivistrook)
Caprivi Zipfel [boodskap #121406] Do, 29 November 2018 19:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Caprivi Zipfel (Duits vir 'Caprivi-punt', ook bekend as die 'Kaprivistrook' of 'Caprivi-strook') is 'n lang nou strook land wat strek van die uiterste noordoostelike deel van Namibië (Suidwes-Afrika) af tot aan die Zambezirivier. Dit is 480 km (300 myl) lank en is nêrens meer as 80 km (50 myl) breed nie. Dit bestaan te danke aan die oogmerke van die Duitse owerhede teen die einde van die 19de eeu om hul kolonie in Suidwes-Afrika met dié in Oos-Afrika te verenig. Die naam is ontleen aan Graaf Leo de Caprivi wat Prins Bismarck as Imperiale Kanselier opgevolg het in 1890. Onder sy bewind het Brittanje in 1893 van die gebied afstand gedoen. Die Kaprivistrook is heeltemal plat en aangesien dit oor heelparty groot riviere beskik, is dit van groot potensiële belang vir die moontlike herwinning van die Kalahari-woestyn. Vanweë sy afgesonderdheid van Namibië (Suidwes-Afrika) is dit na die Eerste Wêreldoorlog saamgevoeg met Botswana (Betsjoeanaland) en sedert 1939 is dit van Pretoria af geadministreer. Sedert 1990 val die gebied in twee Namibiese streke: die westelike helfte lê in die Kawangostreek, terwyl die oostelike helfte in die Sambesistreek is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cape Times
Volgende onderwerp: Carletonville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:30:15 MGT 2024