Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cape Mounted Riflemen (Kaapse Berede Regiment)
Cape Mounted Riflemen [boodskap #121403] Do, 29 November 2018 14:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daar was twee militêre eenhede met die naam:

1. Die Cape Mounted Riflemen (Imperial) was 'n vroeë regiment wat in 1806 aan die Kaap op die been gebring is met Britse offisiere en Kaapse Kleurlinge. Ontbind in 1817, maar is geherorganiseer en bestaan tot 1870.

2. Die Cape Mounted Riflemen (C.M.R.) was 'n halfmilitêre eenheid wat ontwikkel het uit die Frontier Armed en Mounted Police gestig in 1878. Spesiaal georganiseer om vinnig op te tree. Lede was verantwoordelik vir hul eie vervoer en voorrade. Dit het baie roem verwerf in die Morosi-veldtog in 1879, die Geweeroorlog van 1881, die Langeberg-veldtog en die Tweede Vryheidsoorlog. Word in 1913 die Eerste Regiment van die Suid-Afrikaanse Berede Skutters.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cape of Good Hope Savings Bank
Volgende onderwerp: Cape Times
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:01:51 MGT 2024