Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cane, John
Cane, John [boodskap #121398] Do, 29 November 2018 14:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Cane was 'n vroeë Natalse setlaar. Kom in 1813 uit Londen in Kaapstad aan. Werk op 'n plaas, kwalifiseer as 'n skrynwerker en trek in 1824 na Natal. Saam met luitenant Francis George Farewell vestig hy hom aan die kus naby Durban. Word in 1828 deur Tsjaka as afgesant na Kaapstad gestuur met 'n boodskap aan die Goewerneur. 'n Tyd lank word hy beskou as plaaslike hoofman. In 1830 word hy weer deur Dingaan na Kaapstad gestuur om ivoor aan die Goewerneur te skenk. Kan nie verder as Grahamstad gaan nie en keer terug na Natal in November 1837. Hy vergesel Pieter Retief op sy eerste besoek aan Dingaan. Cane sneuwel in geveg met die Zoeloes op 17 April 1838.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Camperdown
Volgende onderwerp: Canteenkoppie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:50:06 MGT 2024